Groei Sterk

Hardekool Akademie 

Christelik

Ons leef en leer vanuit 'n Christelike Gereformeerde wêreldbeskouing. God se Woord vorm die grondslag van ons onderrig en skoolkultuur.

Volkseie

Ons koester die Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis en help kinders om met trots hul identiteit te ontwikkel.

Onderrig

Met klein klasse, toegewyde onderwysers, BCVO-leerplanne en IEB-eksamens bied ons gehalte-onderrig wat kinders voorberei vir die toekoms.

Nuus & Gebeure

Bly op hoogte van die nuutste nuus, prestasies, geleenthede en gebeure by Hardekool Akademie.

Gereelde Vrae

Het jy 'n vraag? Hier is antwoorde op die vrae wat ons die meeste ontvang.

Watter grade bied Hardekool Akademie aan?

Hardekool Akademie bied onderrig vanaf die kleuterskool tot Graad 12. Ons fokus daarop om elke leerling in 'n Christelike, veilige en ondersteunende omgewing te laat ontwikkel.

Watter kurrikulum volg Hardekool?

Hardekool volg die BCVO-kurrikulum, terwyl ons matrikulante die IEB-eindeksamen aflê. Hierdie kombinasie bied 'n hoë akademiese standaard met 'n Christelike grondslag.

Is ouers deel van die skoolgemeenskap?

Beslis. Ons glo dat 'n sterk vennootskap tussen ouers en die skool 'n belangrike rol speel in elke kind se ontwikkeling. Daarom moedig ons oop kommunikasie en ouerbetrokkenheid aan.

Kan ek Hardekool besoek voordat ek aansoek doen?

Ja. Ons verwelkom voornemende ouers graag om die skool te besoek, ons personeel te ontmoet en self die Hardekool-atmosfeer te beleef. Kontak ons gerus om 'n afspraak te reël.