Die keuse van 'n skool is een van die belangrikste besluite wat ouers vir hul kinders neem. By Hardekool Akademie verstaan ons hierdie verantwoordelikheid en streef ons daarna om elke kind in 'n veilige, Christelike en stimulerende omgewing te laat ontwikkel.

Ons bied Christelike Volkseie Onderwys waar geloof, akademie en karaktervorming hand aan hand loop. Elke leerling ontvang persoonlike aandag danksy kleiner klasse, terwyl ons toegewyde personeel elke kind help om sy of haar volle potensiaal te bereik.

Hardekool volg die BCVO-kurrikulum en ons matrikulante skryf die IEB-eksamen, wat landswyd erken word. Hiermee kombineer ons akademiese uitnemendheid met 'n opvoeding wat gegrond is op Bybelse waardes en die Afrikaanse taal en kultuur.

Ons is meer as net 'n skool – ons is 'n gemeenskap waar ouers, onderwysers en leerlinge saamwerk om die beste vir elke kind moontlik te maak.