WIE IS ONS ?
Deur die Geloof
Hardekool Akademie vir CVO funksioneer as ’n onafhanklike opvoedkundige instelling wat gegrond is in Christelik-Gereformeerde waardes. Die bevordering en uitlewing van Afrikanertradisies en -kultuur vorm ’n kernaspek van die skool se wese. Opvoeding word as ’n gesamentlike roeping beskou, waar ouers en gekwalifiseerde onderwysers nou saamwerk in die belang van elke leerder. Bestuur en leiding word behartig deur ’n opvoedingsraad, saamgestel uit demokraties verkose ouers, in samewerking met die skoolhoof.

Die Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys (BCVO)
Hardekool Akademie vir CVO is ’n geaffilieerde skool van die BCVO. Die BCVO bied ondersteuning aan die skool op verskeie terreine, insluitend akademiese rigting, onderrigmateriaal en kurrikulumontwikkeling. Verder speel die organisasie ’n koördinerende rol in sport- en kultuuraktiwiteite tussen CVO-skole landswyd.