Beeldende Kuns – skilderkuns, fotografie, beeldhouwerk en vlyte is alles deel van die skepende kuns wat tot op Landswye vlak beoefen kan word.
 
Literêre werke – die skrywers en digters het 'n geleentheid om opstelle, stories en  gedigte te skryf in “enige” taal en die werke word ingestuur vir beoordeling op landswye vlak.
 
Kultuurfees – Formele en gedramatiseerde poësie en prosa, monoloë en dialoë word tot op streeksvlak gedoen.  Van die beste leerlinge word genooi na die Landswye Kultuurfees wat einde van Augustus elke jaar aanbied word.
 
Redenaars – Alle leerlinge is verplig om Redenaars te doen op skoolvlak.  Hier word leerlinge geleer hoe om hul sê te sê voor 'n gehoor.  Leerlinge kan op streeksvlak deelneem en ook deurdring na die Nasionale kompetisie.
 
Bybelkennis – Die Bybelkennis vind jaarliks plaas en is verpligtend vir alle Gr. 4-8 leerlinge. Die eerste 2 rondtes vind by die skool plaas en leerlinge wat kwalifiseer vir 3de rondte word genooi na Landswye en finale rondte.

Revue/Konsert – By Hardekool neem elke leerling van Kleuters tot Graad 8 deel aan die jaarlikse revue of konsert. Dit is ook een van ons hoogtepunte vir die jaar en leerlinge geniet hul gate uit.