VISIE VAN HARDEKOOL AKADEMIE VIR CVO
Hardekool Akademie streef daarna om ‘n suiwer Christelike onderwysstelsel daar te stel:

  • Wat gebaseer is op die Christelike geloof en die Afrikanerkultuur;
  • Wat bekostigbare onderwys verskaf deur middel van effektiewe administratiewe stelsels en dienste en die handhawing van hoë kurrikulum, eksaminering- en nasorgdienste op alle vlakke van die onderwys;
  • Die prinsipieël verantwoordbare en volhoubare onderrig van gehalte aan die kinders van ons “eienaar-kliënte” teen die dekor van ons besonderse kultuur-en-godsdiensbelewing;
  • Deur Amalusi geakkrediteer tot volle kandidaatskap i.t.v. kwaliteit en gehalteonderrigprak-tyke;
  • Deur selfwerksaamheid is die kind se resultate die produk van sy eie vermoë en toewyding. Hiervan sal ons nooit afwyk nie en pas ons dit parallel toe met die owerheid voorskriftelike model van die dag;
  • Die ouergemeenskap is toegewyde, vermoënde mense van karakter en integriteit en is dit enige skoolhoof se droom om saam met sulke positiewe mense van gehalte te werk;
  • Hardekool Akademie bedien tans ouderdomme van 2 jaar tot Graad R in die goed toegeruste en veilige kleuterskool met Graad 1 tot Graad 7 in die laerskool;
  • Ons siening is dat sport in hoofsaak ‘n instrument is tot mensverbetering om ‘n gesonde gees te huisves.
  • Letterlik alle fasette van die kunste, skoner kunste en musiek word aangespreek in ons jaarlikse kultuurprogram.

MISSIE VAN HARDEKOOL AKADEMIE VIR CVO

  • Hardekool Akademie streef na omvattende bekostigbare opvoedende onderwys;
  • ‘n Bekostigbare kurrikulumdiens te ontwikkel, inwerking te stel en te bevorder;
  • ‘n Ondersteuningsdiens t.o.v. onder andere kurrikulum, vakadvies, ens. met hoë standaarde te bevorder en in stand te hou met ‘n nasorgdiens asook deurlopende interne monitering en moderering en leiding;
  • ‘n Effektiewe administratiewe stelsel en opleidingsprogram, administratiewe dienste aan kliënte wat regverdig, professioneel en van hoë integriteit is;
  • Om by elke leerling deur die onderrig van die verskillende vakke die grootheid en almag van God tuis te bring;
  • Om aan elke leerling die nodige trots en respek vir sy/haar geskiedenis, kultuur en taal te kweek;
  • Om elke leerling geestelik, emosioneel, verstandelik en liggaamlik so te ontwikkel en toe te rus dat hy/sy, hulle plek in die grootmenswêreld met sukses en onderskeiding kan volstaan.