Sportsoorte waaraan deelgeneem kan word:
Atletiek – Atlete neem aan verskeie vriendskaplike byeenkomste deel en kan vorder tot op BCVO Landswye vlak. Die Landswye atletiek vind plaas einde Maart waar al die streke in die land deelneem.
Rugby en Netbal – Rugby en netball vind gedurende die tweede kwartaal plaas. Hardekool neem saam die ander Noord-Transvaal CVO skole en vorm dan so ‘n Noord-Transvaal span. Die Winterspele vind plaas einde Junie waar al die streke teen mekaar deelneem. Wat sport aanbetref is die jaarlikse Winterspele ‘n groot hoogtepunt vir elke leerling.
Krieket – Seuns en dogters kana an hierdie sport deelneem. In die derde kwartaal word 'n Ntvl krieketspan gekies wat aan die (BCVO) SA krieket deelneem .
Landloop – daar word individueel en per span deelgeneem aan Landloop tot op Landswye vlak.
Skaak – Die skaak vind ook plaas gedurende die derde kwartaal. Die skaakproewe word gedurende die derde kwartaal gehou waar deelnemers dan ook gaan deelneem op Landswye vlak teen die ander BCVO streke
Hokkie – Seuns en dogters neem deel aan hierdie sport. Dit gaan slegs tot op Interprovinsiale vlak.
Boogskiet – Boogskiet is ‘n nuwe sport by ons skool. Seuns en dogters neem deel. Hardekool het 'n privaat klub waarby leerlinge aansluit en opleiding ontvang